info@milkgoats.co.za  
Hoe Verseker Ek dat my Melkbokke Gesond Bly?

Hoe Verseker Ek dat my Melkbokke Gesond Bly?
Author: Milk Goat Breeders' Society    Date Published: 09 September 2009

Facebook Twitter Google +

 

Die belangrikste is om jou bokke te ken, te weet wat normale gesondheid in jou kudde is. Sekere siekte toestande gebeur geleidelik, maar jy en jou werkers moet die diere so goed ken dat enige verandering in gedrag raak gesien moet word. Ek weet dit is nie so maklik in groot kuddes nie, maar hier het jou melkers ook ‘n baie belangrike rol te speel.

Hulle en almal betrokke moet daagliks veral op die volgende let:

  • Is die bok se houdig wakker, nuuskierig, ore regop, oë helder en die neus skoon van enige afskeiding?
  • Is die bok se eetlus normaal?
  • Drink die bok water?
  • Is die bok se mis normaal?
  • Bokdrolletjies?
  • Is die uier geswel,is daar knoppe?
  • Is die uier abnormaal warm , kyk en voel vir seertjies.
  • Is die melkproduksie normaal?
  • Is die bok se hare glad/kroes Kyk en voel vir absesse, vratte kaalkolle ens op vel
  • Loop/staan die bok gemaklik?

 

As daar enige verandering in bogenoemde by ‘n bok waargeneem word, haal haar/hom uit vir observasie.

  1. Neem die dier se koors en neem dan ‘n besluit oor die behandeling van die dier. Die liggaamstemperatuur van ‘n gesonde bok is 39-39.5°C.
    Ek beveel ‘n digitale koorspen aan, maar as jy aangewese is op kwik koorspen moet jy natuurlik ‘n horlosie met ‘n sekonde wyser byderhand hê. Neem die koors anaal.
    Laat iemand anders die bok baie goed vashou.Sit ‘n bietjie Vaseline aan die punt van die koorspen en druk versigtig in die anus.
  2. Die Hartklop van ‘n gesonde volwasse bok is tussen 70-95 slae per min
    Om die hartklop te neem, plaas jou hande, laag aan weerskante van die borskas, omtrent inlyn met sy knieë. Laat ‘n tweede persoon die tyd neem terwyl jy die hartklop tel.
  3. Die asemhaling tussen 10-30 asemteue per minuut.
    Om die asemteue te tel hou die bok se borskas en die maag by die lieste dop.
    Dit is altyd goed om jou bevindinge veral asemhaling met die res van die kudde te vergelyk, want faktore soos hitte kan ‘n rol speel. Op ‘n warmdag gaan die diere vinniger asemhaal.
  4. Rumen beweging 1-1.5 bewegings per minuut, om die rumen beweging waar te neem, druk jou vuis liggies teen die maag halfpad tussen die laaste rib en die bok te dy.

As jy nie seker is wat die dier makeer nie, raadpleeg jou veearts. Dit is ook altyd belangrik om jou veearts te raadpleeg oor behandeling en tipe die medikasie.

Onthou om alle behandeling in ‘n Behandelingsboek aan te teken. Maak seker wat die onttrekkings periode van die betrokke medikasie is, en hou streng daarby.

Hou altyd siek diere geisoleerd van jou gesonde diere.

 

Klou gesondheid is baie belangrik.

Waar diere wei is dit weinig ‘n probleem, maar waar bokke intensief geboer word en hoofsaaklik op beddegoed staan is dit baie belangrik dat die kloue gereeld geknip word.

‘n Klouskêr of goeie kwaliteit snoeiskêr en ‘n mes met ‘n stewige kort skerp lem, is al gereedskap wat jy nodig het.

Hou altyd medikasie (Necrospray, Stockholmteer ens )ook byderhand, vir ingeval daar ‘n seertjie is of as jy te diep sny en bloed trek.

Documents to Download

# Name Description
1. Hoe Verseker Ek Dat My Melkbokke Gesond Bly Laai die volledige artikel in PDF formaat af
2. Melkbok Bestuursprogram Lees die volledige artikel in PDF formaat
  Left click the document name to view the document or Right click the document name and Select Save Target as... to download the document to your computer.



Article Index  Back to Top


 Facebook

© Milch Goat Breeders' Society. All rights reserved.
    Website by QuickSolve Internet - Website Design and SEO Specialists
 
z